Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 68

Spreuke 11:1-3

Bybelteks(te)

1Die Here het 'n afsku van 'n skaal wat nie reg weeg nie;

net die regte gewig dra sy goedkeuring weg.

2Selfverheffing bring vernedering;

wie nederig is, het wysheid.

3Die opregtheid van eerlike mense bepaal hulle koers;

die valsheid van onbetroubares bring hulle ondergang.

SPREUKE 11:1-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke leer ons in vers 1 dat oneerlike besigheidspraktyke afstootlik is vir die Here. Eerlikheid dra sy goedkeuring weg gebaseer op die wet (vgl Lev 19:35-36; Deut 25:13-16). Vers 2 leer ons dat selfverheffing jou in die skande bring. Wysheid spruit voort uit bedagsaamheid (dieselfde Hebreeuse stam ṣnʿ word hier gebruik as in Miga 6:8 wat daar dui op gedrag wat op respek vir God gebaseer is). Vers 3 leer ons dat integriteit ‘n kompas is vir opregtes, maar die valsheid van oneerlikes vernietig hulle. Eerlikheid is per definisie wysheid.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS