Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 66

Spreuke 10:29-30

Bybelteks(te)

29Om te leef soos die Here dit wil,

is die krag van die opregte;

vir dié wat onreg doen, wag daar ondergang.

30Die regverdige wankel nooit,

die goddeloses sal nie die land bly bewoon nie.

SPREUKE 10:29-30AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke kontrasteer steeds die regverdige en die goddelose. Vers 29 lui meer direk vertaal so: “Die weg van die Here is ’n toevlug vir regdoeners, maar ondergang vir boosdoeners.” Vers 30 verklaar dat die regverdige onwankelbaar sal leef vir ewig. Die goddelose sal dit egter nie eers hier op aarde enduit maak nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS