Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 65

Spreuke 10:27-28

Bybelteks(te)

27Wie die Here dien, lewe lank;

wie sonder Hom lewe, se lewensjare is min.

28Vir die regverdiges lê daar vreugde voor;

die goddeloses het geen toekoms nie.

SPREUKE 10:27-28AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke kontrasteer die lewensvooruitsigte van dié wat die Here vrees en dié wat Hom verag. Die regverdige kan met vreugde uitsien na God se sorg in ’n lang lewe. Die goddelose het geen hoop buite homself wat enigsins standhoudend is.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS