Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 64

Spreuke 10:26

Bybelteks(te)

26Soos asyn teen die tande, soos rook in die oë,

so is 'n lui mens vir iemand wat hom 'n opdrag gee.

SPREUKE 10:26AFR83Maak oop in die Bybelleser

Daar is talle beskrywings in Spreuke van die luiaard. Spreuke beskryf hier sy traagheid as ’n bron van irritasie vir enigiemand vir wie hy iets moet doen. So moedig die talle ander beskrywings in Spreuke jou aan om die karakter van die luiaard te vermy. Moenie bly slaap soos ’n skarnier aan jou bed nie (Spr 26:14). Moenie jou luiheid agter verspotte verskonings wegsteek nie: “daar is ’n leeu daar buite” (Spr 26:13). En sorg veral dat jy dinge klaar maak. Die luiaard lei selfs skade deurdat hy nie eers sy kos in sy mond sit nie (Spr 26:15).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS