Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 63

Spreuke 10:24-25

Bybelteks(te)

24Wat die goddelose vrees, kom hom oor;

wat die regverdige begeer, gee God hom.

25As die stormwind kom, is die goddelose daarmee heen,

maar die regverdige bly altyd staan.

SPREUKE 10:24-25AFR83Maak oop in die Bybelleser

Derek Kidner gee hierdie twee verse die opskrif: “The insecurity of the wicked.” (Proverbs), Die diepste vrees van die goddelose is tegelykertyd die diepste begeerte van die regverdige. God. Wanneer die stormwind kom, is die goddelose daarmee heen. Die regverdige daarenteen bly vir ewig staan. Trouens, hulle “is ’n ewige fondament” soos die Hebreeus dit letterlik uitdruk. Soos Jesus hierdie woorde uit Spreuke gebruik aan die einde van die Bergrede: Die wyse man bou sy huis op die rots … en die dwase man bou sy huis op die sand. (Matt 7:24-25).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS