Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 61

Spreuke 10:22

Bybelteks(te)

22Dit is die seën van die Here wat rykdom bring;

jou geswoeg laat dit nie meer word nie.

SPREUKE 10:22AFR83Maak oop in die Bybelleser

In die Hebreeus lui hierdie vers letterlik: “Die seën van Jahwe, dit maak ryk, en Hy vermeerder nie swaarkry daarmee saam nie.” Die ESV vertaal daarom: “The blessing of the Lord makes rich, and he adds no sorrow with it.” Hy seën sonder swoeg!

Dit maak vir my meer sin as die Afrikaanse vertalings wat die tweede deel van die sin vertaal met: “jou geswoeg laat dit nie meer word nie,” (1983-vertaling) of “moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.” (1933/53-vertaling). Al is die boodskap daarvan ook waar – soos Peterson dit so pragtig vertaal: “nothing we do can improve on God” (The Message) – is die boodskap van die teks eerder dat God se seën nie bedoel is om jou swaarkry te vermeerder nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS