Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 60

Spreuke 10:20-21

Bybelteks(te)

20Die woorde van die regverdige is die fynste silwer werd;

die gedagtes van die goddelose is min werd.

21Met wat die regverdige sê, sorg hy vir baie;

'n dwaas gebruik nie sy verstand nie

en bring die dood oor homself.

SPREUKE 10:20-21AFR83Maak oop in die Bybelleser

Hierdie spreuk word deur Jesus gebruik in sy gelykenis oor die boom wat aan sy vrugte geken word (Luk 6:45). Dit vorm die basis van ’n Afrikaanse spreekwoord: “Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.” Woorde uit ’n regverdige hart help baie mense reg. Woorde uit ’n dwase hart bring selfs die goddelose tot ’n val.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS