Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 6

Spreuke 1:29-33

Bybelteks(te)

29Julle het 'n afkeer van kennis gehad,

julle het geweier om die Here te dien,

30julle het my raad verontagsaam

en elke teregwysing van my geminag.

31Julle sal die vrugte van julle optrede pluk,

julle sal van julle eie planne walg.

32“Die onkundiges se dwaling kos hulle die dood,

die dwase word vernietig deur hulle selfversekerdheid,

33maar wie na my luister, sal veilig wees

en hoef geen ramp te vrees nie.”

SPREUKE 1:29-33AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die pa leer sy seun om die waarskuwing in ag te neem dat daar gevolge is op wie se raad ’n mens volg. As jy na onkundiges, spotters (grootpraters) of dwase luister, sal jy die wrange vrugte pluk. As jy na die wysheid van God luister, sal jy veiligheid en beskerming beleef. Dink ná oor jou vriende en vertrouelinge. Bid vir ‘n vriendekring wat die Here saam met jou wil dien.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS