Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 5

Spreuke 1:24-28

Bybelteks(te)

24“Ek het geroep en julle wou nie luister nie,

ek het my hand uitgesteek en julle het dit nie gegryp nie.

25Julle het my raad alles in die wind geslaan,

julle wou julle nie laat teregwys nie.

26Daarom sal ek lag as die ongeluk julle tref,

ek sal met julle spot wanneer die angs julle oorval,

27wanneer daar nood en kwelling oor julle kom.

Die angs sal soos 'n storm oor julle kom,

die ongeluk sal julle tref soos 'n orkaan.

28Dán sal julle my roep en ek sal nie antwoord nie,

julle sal my soek en my nie kry nie.

SPREUKE 1:24-28AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die pa leer sy seun om die waarskuwing in ag te neem dat ’n mens se ore doof kan raak vir God se leiding as jy dit nie uitvoer en navolg nie. Soos die voëls in die gelykenis van die Saaier die saad op die grond van jou hart oppik.

God se belofte is dat Hy sy Gees vir jou sal laat uitstroom om sy woorde, sy wysheid, aan jou bekend te maak (vgl Jes 32:15 ; Joël 2:28 ; Joh 7:39). As ‘n mens egter sy raad in die wind slaan, sy teregwysings nie aanvaar nie, sal jy aan jou eie keuses oorgelaat word. Dit sal teenspoed, verskrikking, benoudheid en angs vir jou inhou.

Besluit opnuut om nie ‘n woord te mis van wat die Here vir jou hierdie jaar wil gee nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS