Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 58

Spreuke 10:18

Bybelteks(te)

18Agter die woorde van 'n huigelaar sit daar haat;

wie skinderstories versprei, is 'n dwaas.

SPREUKE 10:18AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 18 beskryf die dilemma van ’n hater. As jy haat wegsteek agter jou vriendelikheid, is jy oneerlik en vals, ’n huigelaar. As jou gevoelens van haat jou oor iemand laat skinder, dan laster jy, en is jy ’n dwaas. Praat met God oor iemand, voor jy direk met iemand praat, en vermy skinder soos die pes.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS