Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 56

Spreuke 10:15-16

Bybelteks(te)

15Die rykdom is die ryke se veilige vesting;

die armoede is die arme se ondergang.

16Die regverdige ontvang die lewe as beloning;

die goddelose oes net straf.

SPREUKE 10:15-16AFR83Maak oop in die Bybelleser

Hierdie spreuke bring balans in hoe ’n mens oor rykdom en armoede dink. Uiteraard moet ’n mens wysheid eerste stel (vgl Spr 3:13-15), en nie jou welvaart deur onreg bekom nie (vgl Spr 10:2; 16:8), maar armoede is nie speletjies nie, veral nie as dit deur eie toedoen is nie (Spr 10:5). Welvaart moet nie in beginsel as ’n onding verag word nie. Armoede ook nie as ’n deugde omarm word nie (vgl Spr 14:20; 18:23; 19:7; 22:7). Die verdienste van ’n regverdige bring lewe. Die inkomste van ’n goddelose bring oordeel.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS