Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 55

Spreuke 10:13-14

Bybelteks(te)

13Daar is wysheid in die woorde van een wat insig het;

slae is vir dié wat nie hulle verstand gebruik nie.

14Wyse mense loop nie te koop met hulle kennis nie;

as 'n dwaas sy mond oopmaak, is sy ondergang naby.

SPREUKE 10:13-14AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke onderskei steeds twee maniere van praat. Wysheid kom van weldeurdagte woorde. Dink dus voor jy praat, anders bring dit jou diep in die moeilikheid. ’n Wyse loop ook nie te koop met sy skat van wyshede nie. Want, ’n dwaas kom in die moeilikheid deur sy of haar verbale diarree.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS