Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 54

Spreuke 10:11-12

Bybelteks(te)

11Die woorde van die regverdige bring lewe en geluk;

agter die mooi woorde van die goddeloses steek daar geweld.

12Haat verwek twis;

liefde bedek alles wat aanstoot gee.

SPREUKE 10:11-12AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke onderskei twee maniere van praat en die motivering daaragter. Die regverdige se woorde bring lewe. Die goddelose se woorde blaas geweld aan, al klink dit op die oog af mooi. Waar haat die motivering is vir wat jy sê, bring dit mense in konflik met mekaar. Waar liefde die motivering is vir wat jy sê, bring dit mense bymekaar. Liefde werk dus presies soos vergifnis. Dit wil die oortredinge uitvee (vgl 1 Kor 13:7).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS