Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 45

Spreuke 9:9-10

Bybelteks(te)

9Gee jou aandag aan 'n wyse mens, en hy kry meer wysheid,

leer 'n regverdige, en sy kennis vermeerder.

10Wysheid begin met die dien van die Here;

wie die Heilige ken, het werklik insig.

SPREUKE 9:9-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die pa sit die ontleding van leerbaarheid voort en verklaar dit vanuit twee beginsels. 1) Die vrees of ontsag vir die Here wat die begin is van alle wysheid. 2) Die kennis van die Heilige wat tot ’n groei in insig lei. Dit is waarom heiligmaking so ononderhandelbaar is, want dit laat jou groei in wysheid en insig in die lewe

Ligsinniges moet dus eers weer na die begin toe terug gevat word, die ontsag vir God (Spr 9:10 – vgl 1:1-7), voor die lewenshouding van leerbaarheid weer sal inskop en die voete op die pad van insig geplaas kan word.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS