Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 42

Spreuke 8:32-36

Bybelteks(te)

32“Daarom, kinders, luister na my,

dit sal goed gaan met dié wat op my pad bly.

33Luister na wat ek julle leer,

moet dit nie verontagsaam nie,

dan sal julle ook wysheid hê.

34Dit sal goed gaan met die mens wat na my luister,

die mens wat elke dag na my huis toe kom

en op my drumpel staan en wag.

35Wie my vind, vind die lewe self

en geniet die guns van die Here.

36Maar wie my nie wil vind nie, doen homself skade aan;

wie my haat, hou van die dood.”

SPREUKE 8:32-36AFR83Maak oop in die Bybelleser

In die laaste deel van die Wysheid, die vierde deel – Spreuke 8:32-36 – moedig die pa sy kinders aan om elke dag te wag vir die wysheid. Omdat die Wysheid van die begin af daar was, en haar in alles verlustig het, veral in die mense, roep Spreuke alle mense op om na haar te luister. In die luister na die Wysheid lê die sin van die lewe opgesluit: “Dit sal goed gaan met die mense wat na my luister” (Spr 8:34).

Soms sal die wysheid ons wel dissiplineer, maar steeds al hoe dieper in die lewe voor God inneem. Wie nie wag vir die wysheid en dit beskerm nie, doen hulleself skade aan.

Waar Spreuke 8:1-11 gesê het dat die Wysheid in die lewenskeuses haar stem laat hoor, sê hierdie gedeelte dat daar ook elke dag na haar geluister moet word, tyd gemaak moet word om na haar stem te luister en “op my drumpel (te) staan en wag” (Spr 8:34). Die woord huis kan hier op die tempel dui, hoewel in die konteks dit eintlik op enige ruimte dui waar tyd geneem word om stil genoeg te word om te luister.

Dit is nogal ‘n diepsinnige lewensmotto wat die moeite werd is om na te volg: “Dit sal goed gaan met die mens wat na my luister, die mens wat elke dag na my huis toe kom en op my drumpel staan en wag.”

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS