Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 37

Spreuke 7:24-27

Bybelteks(te)

24Luister na my, my seun,

slaan ag op wat ek sê.

25Moet jou nie met so 'n vrou ophou nie,

moenie haar pad loop nie.

26Sy het die val van baie op haar kerfstok,

sy het al sterk manne laat ondergaan.

27In haar huis is jy op pad na die doderyk toe,

by haar is jy op pad na jou dood toe.

SPREUKE 7:24-27AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die pa spel op drie maniere vir al sy seuns die beskikbare verdediging teen die verleidster uit. Dit is drieledig:

  1. 1.beskerm jou gedagtes (dit is waarop “hart” in Hebreeus dui),
  2. 2.vlug weg (moenie op haar paaie ronddwaal nie, ook nie op die Internet nie!),
  3. 3.hou in gedagte hoeveel mense al daardeur in die ongeluk gekom het.

Spreuke 7 voltooi dus daarmee die tiende en laaste les van die pa aan sy seun(s) – dws al sy kinders. Hier is ’n handige opsomming van die tien lewenslesse:

  1. 1.Luister na jou ouers – Spreuke 1:8-19;
  2. 2.Soek wysheid met gespitste ore – Spreuke 2:1-22;
  3. 3.Vertrou God en ken Hom in alles – Spreuke 3:1-12;
  4. 4.Leer by rolmodelle wat ‘n ryk en vol lewe behels – Spreuke 3:13-35;
  5. 5.Neem jou ouers se opvoeding ter harte – Spreuke 4:1-9;
  6. 6.Kies die pad van wysheid – Spreuke 4:10-19;
  7. 7.Hou koers deur te fokus op jou binnekant en jou bakens – Spreuke 4:20-27;
  8. 8.Bly weg van hartelose verhoudings en leef met oorleg – Spreuke 5:1-6:19;
  9. 9.Pasop vir owerspel – Spreuke 6:20-35;

Pasop vir losbandigheid – Spreuke 7:1-27.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS