Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 364

Spreuke 31:18-24

Bybelteks(te)

18Sy stel vas of die wins goed is,

haar lamp bly heelnag brand.

19Sy werk met die spinwiel,

haar hande bly besig met die weefstoel.

20Sy het 'n oop hand vir die armes,

sy is vrygewig teenoor die behoeftiges.

21Sy is gerus oor haar huisgesin as dit sneeu:

hulle dra almal warm klere.

22Sy maak self vir haar dekens

en sy dra klere van linne en wol.

23Haar man is welbekend by die stadspoort

waar hy saam met die leiers beraadslaag.

24Sy maak klere en verkoop dit,

sy lewer gordels aan die handelaars.

SPREUKE 31:18-24AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die volgende sewe voordele van ‘n knap vrou is:

  1. 1.Sy dryf ‘n begroting, al moet haar lamp laatnag aan die brand bly – Spreuke 31:18.
  2. 2.Sy produseer goedere met die spinwiel – Spreuke 31:19.
  3. 3.Sy is vrygewig en sorg vir die armes – Spreuke 31:20.
  4. 4.Sy sorg dat haar gesin klere het teen die koue – Spreuke 31:21.
  5. 5.Sy maak self beddegoed en klere van linne en wol – Spreuke 31:22.
  6. 6.Sy sorg dat haar man met die leiers kan beraadslaag – Spreuke 31:23.
  7. 7.Sy bedryf ‘n besigheid met klere en gordels – Spreuke 31:24

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS