Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 365

Spreuke 31:25-31

Bybelteks(te)

25Alles aan haar spreek van 'n sterk en edel persoonlikheid;

sy ken geen kommer oor die toekoms nie.

26As sy praat, is dit met wysheid;

as sy leiding gee, is dit met liefde.

27Sy hou goeie toesig oor haar huishouding;

lui is sy nie.

28Haar kinders prys haar,

haar man bewonder haar:

29“Daar is baie knap vrouens,

maar jy oortref hulle almal!”

30Uiterlike skoonheid hou nie,

'n mooi voorkoms is nie alles nie;

as sy die Here dien,

dán verdien 'n vrou om geprys te word.

31Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen;

laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte.

SPREUKE 31:25-31AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die laaste sewe voordele van ‘n knap vrou is:

  1. 1.Sy het ‘n sterk en edel persoonlikheid – Spreuke 31:25.
  2. 2.Sy praat met wysheid en gee leiding met liefde – Spreuke 31:26.
  3. 3.Sy hou goeie toesig oor haar huishouding – Spreuke 31:27.
  4. 4.Sy is haar kinders se trots, haar man bewonder haar – Spreuke 31:28.
  5. 5.Sy is voortreflik onder die knap vrouens – Spreuke 31:29.
  6. 6.Sy leef in ontsag vir die Here – Spreuke 31:30.
  7. 7.Sy word in die gemeenskap geëer – Spreuke 31:31.

Natuurlik is hierdie skets die prentjie van ‘n ideale vrou. Maar dit wil eintlik net ‘n prentjie gee van wat moontlik is as potensiaal toegelaat word om te ontwikkel. En na watter tipe eienskappe gekyk moet word in ‘n toekomstige lewensmaat.

Ek sluit af met ‘n bykomende manier van interpretasie. ‘n Mens kan die gedig oor hierdie vrou ook as ‘n verdere verpersoonliking van Vrou Wysheid in Spreuke sien.

Dit beteken dan dat Vrou Wysheid nie net by die Skepping teenwoordig was nie (Spr 8), nie net almal uitnooi om van haar wyshede te geniet nie (Spr 9), maar haar woning by ons in die werklike lewe kom maak, as’t ware die metgesel van ‘n werklike persoon word (Spr 31). Dit is nou jy!

Soos Murphy (Word) dit so pragtig stel:

“She is not some lofty, remote ideal for those initiated into her mysteries, but a practical, ever-present, faithful guide and lifelong companion for all who choose her ways. Her origins are with God (8:22–30) and her teaching wins blessings from God (8:35). But her home is in this world. This is the way Wisdom herself wanted it. Even while she was beside the Creator, playing before him, she was also, in her own words from 8:31: rejoicing in his inhabited world and delighting in the sons of men.”

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS