Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 363

Spreuke 31:10-17

Bybelteks(te)

10'n Knap vrou is baie werd,

baie meer as edelstene.

11Haar man steun op haar

en pluk die vrugte van haar werk.

12Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie,

haar hele lewe lank.

13Sy maak wol en vlas bymekaar

en geniet dit om dit te verwerk.

14Sy is soos die handelskepe,

sy bring die kos van ver af in.

15Sy staan op as dit nog nag is

en maak kos vir haar huisgesin;

ook haar slavinne kry hulle deel.

16Sy oorweeg die waarde van 'n stuk grond en koop dit,

sy sit dit onder wingerd met geld wat sy self verdien het.

17Sy pak die werk aan met krag,

haar hande staan vir niks verkeerd nie.

SPREUKE 31:10-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Teenoor die kort aandag wat die ma aan die vreemde vroue verleen (2 verse), staan die lied oor die regte vrou wat in ‘n oorvloedige sin, in ‘n fyn uitgewerkte akrostiese gedig (22 verse wat telkens met ‘n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet begin), die lof van die regte vrou besing, dié een met wie die koning sy lewe moet deel.

En die ma brei uitvoerig uit oor die geweldige voordele wat só ‘n vrou vir hom sal hê. Hy kan en moet haar op geen manier mis nie! Dit is die tipe onderrig wat verandering bring, omdat dit uitnooi na ‘n baie beter toekoms met ‘n helder aantreklike visioenêre prentjie daarvan!

Só ‘n vrou het 22 voordele. Die eerste agt voordele is:

  1. 1.Sy is baie kosbaar, meer werd as edelstene – Spreuke 31:10.
  2. 2.Sy is ‘n steunpilaar vir haar man wat die vrugte van haar werk pluk – Spreuke 31:11.
  3. 3.Sy bring net voordeel haar lewe lank – Spreuke 31:12.
  4. 4.Sy is vaardig met die verwerking van ru stowwe, wol en vlas – Spreuke 31:13.
  5. 5.Sy sorg dat daar (eksotiese?) kos is – Spreuke 31:14.
  6. 6.Sy maak kos – Spreuke 31:15.
  7. 7.Sy dryf handel met grond en wingerd – Spreuke 31:16.
  8. 8.Sy doen alles met passie, haar hande staan vir niks verkeerd nie – Spreuke 31:17.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS