Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 360

Spreuke 30:33

Bybelteks(te)

33As jy melk karring, kom daar botter;

as jy iemand op die neus slaan, kom daar bloed uit;

as jy mense kwaad maak, kom daar rusie.

SPREUKE 30:33AFR83Maak oop in die Bybelleser

Hoogmoed is dwaas.

Vers 33. Die duidelike boodskap van al die waarnemings oor die lewe is dat hoogmoed en verwaandheid net eenvoudig dwaas is, en dat ‘n mens onafwendbaar die gevolge daarvan sal moet dra:

  1. 1.as jy melk karring, kom daar botter;
  2. 2.as jy iemand op die neus slaan, kom daar bloed uit;
  3. 3.as jy mense kwaad maak (met jou hoogmoed), kom daar rusie.

Wat ‘n kragtoer van ‘n groot wyse: Agur!

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS