Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 358

Spreuke 30:29-31

Bybelteks(te)

29Daar is drie, nee, vier wat statig stap,

wat 'n statige houding het:

30'n leeu, die magtigste van al die diere,

wat vir niks stuit nie;

31'n spoghaan;

'n bokram;

en 'n koning met sy leër by hom.

SPREUKE 30:29-31AFR83Maak oop in die Bybelleser

Put inspirasie uit ander se vermoëns.

Vers 29-31. Hierdie diere inspireer jou alreeds met hulle onopsigtelike vermoëns. Hoeveel te meer nie die volgende drie statige en onbedreigde diere nie, met die vierde darem ‘n mens, die koning, hoewel hy sy leër daarvoor nodig het:

  1. 1.‘n Leeu stuit vir niks;
  2. 2.‘n Spoghaan dieselfde;
  3. 3.‘n Bokram net so;
  4. 4.‘n Koning met sy leër by hom.

Dit is implisiete kritiek op verwaandheid, wat in die volgende spreuk eksplisiet uitgespel sal word.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS