Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 357

Spreuke 30:24-28

Bybelteks(te)

24Daar is vier goed in die wêreld wat klein is

maar buitengewone wysheid het:

25miere is nie sterk nie

en tog sit hulle in die somer vir hulle kos weg;

26dassies het nie veel krag nie

en tog maak hulle hulle tuis teen die kranse;

27sprinkane het nie 'n koning nie

en tog trek die hele swerm in formasie;

28'n geitjie kan jy met die hand vang

en tog kry jy hom in koninklike paleise.

SPREUKE 30:24-28AFR83Maak oop in die Bybelleser

Leer by die diere hoe om jou potensiaal te verwesenlik!

Vers 24-28. Daarteenoor is daar vier tipe diere (!) wat oënskynlik onbeduidend lyk, maar groot potensiaal het en dit boonop verwesenlik. Die kontras met die vorige spreuk en die ooreenkoms met die volgende een verhoog die krag hiervan:

  1. 1.Miere wat vir die toekoms voorsien;
  2. 2.Dassies wat veilig teen die kranse woon;
  3. 3.Sprinkane wat sonder ‘n leier in formasie kan vlieg;
  4. 4.Geitjies wat hulle selfs in ‘n koning se paleis tuis maak.

Martin wys in sy kommentaar daarop dat dié vier voorbeelde wys dat grootte en krag nie alles is nie. En dat dié vier diere as metafore optree vir die praktiese wysheid en waarheid van voorsorg, sekuriteit, dissipline, en deursettingsvermoë.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS