Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 356

Spreuke 30:21-23

Bybelteks(te)

21Daar is drie, nee, vier wat die lewe ondraaglik maak,

wat onuitstaanbaar is:

22'n slaaf nadat hy koning geword het,

'n ongemanierde sot nadat hy hom vol geëet het,

23'n vrou wat eers nie 'n man kon kry nie en toe tóg getroud is,

en 'n slavin nadat sy haar eienares se plek ingeneem het.

SPREUKE 30:21-23AFR83Maak oop in die Bybelleser

Moet nooit toelaat dat jou maniere jou in die steek laat nie.

Vers 21-23. Die lewe word regtig ondraaglik gemaak deur vier tipe mense wat ‘n onverwagse geluk smaak, maar dit nie met grasie kan hanteer nie. Hulle maniere laat hulle in die steek:

  1. 1.‘n slaaf wat koning word en die mag in die hande kry;
  2. 2.‘n ongemanierde sot wat hom onverwags vol geëet het;
  3. 3.‘n oujongnooi wat onverwags getroud kom;
  4. 4.‘n slavin wat trou met haar baas.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS