Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 354

Spreuke 30:17

Bybelteks(te)

17Die oë van 'n man wat met sy vader spot

en vir wie dit benede hom is om sy moeder te gehoorsaam,

sal uitgepik word deur die kraaie,

opgevreet word deur die roofvoëls.

SPREUKE 30:17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Oneerbiedigheid teenoor ouers is wreed.

Vers 17. Die wreedheid van ‘n man wat spot met sy pa, en wat luister na sy ma as benede sy waardigheid beskou sal net getroef word deur die tipe wrede einde wat die Here vir hom voorspel: sy oneerbiedige oë sal deur kraaie uitgepik word, en deur roofvoëls opgevreet word. Kragtige metafore wat die totale weersin en minagting van die Here vir só ‘n manier van lewe uitdruk.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS