Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 353

Spreuke 30:15-16

Bybelteks(te)

15Die bloedsuier het twee dogters, hulle is “Gee!” en “Gee!”

Daar is drie, nee, vier wat nooit genoeg kry nie,

wat nooit sê: “Genoeg!” nie:

16die doderyk,

die onvervulde begeerte om moeder te word,

grond wat nie deurnat is nie

en 'n vuur wat nooit sê “Genoeg!” nie.

SPREUKE 30:15-16AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die tragedie van onvervulde begeertes.

Vers 15-16. Vier tragedies word hier opgestapel, die een so erg soos die ander. Dit is die tragedie van die dood, van kinderloosheid, van ‘n droogte en van ‘n onbeheerde brand. Die gemene deler is dat die behoefte nooit ophou nie, en nooit volledig bevredig kan word nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS