Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 350

Spreuke 30:7-9

Bybelteks(te)

7Net twee dinge vra ek van U;

moet my dit tog nie weier nie; daarna kan ek sterf:

8moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie;

moet my nie arm maak of ryk nie,

gee my net die kos wat ek nodig het,

9sodat ek nie te veel het en U verloën

en sê: “Wie is die Here?” nie,

en sodat ek nie arm word en steel

en my God se Naam oneer aandoen nie.

SPREUKE 30:7-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

Gebed

Help my om altyd die waarheid te praat. Help my om nie te arm of ryk te wees nie.

Vers 7. Die belydenis van Agur oor God se woorde gaan naatloos oor in ‘n gebed waarin God vir twee dinge gevra word.

Vers 8-9. Hy vra vir God om:

  1. 1.hom te help om altyd die waarheid te praat;
  2. 2.hom net genoeg te gee om van te leef.

Dit is immers die probleem van armoede én rykdom, dat jy óf kan steel om aan die lewe te bly en só God se wet oortree, óf dat jy te veel kan hê en dink dat jy God nie meer nodig het nie en só Hom verloën en nie meer in jou lewe erken nie. Dit is ‘n gebed wat ek dink elkeen van ons elke dag van ons lewe moet bid!

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS