Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 349

Spreuke 30:5-6

Bybelteks(te)

5Elke belofte van God is betroubaar;

Hy beskerm dié wat by Hom skuil.

6Moet niks byvoeg by wat Hy gesê het nie;

Hy sal jou bestraf, en jy sal daar staan as 'n leuenaar.

SPREUKE 30:5-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

God is daar vir almal wat by Hom skuil.

Vers 5. Tóg, ten spyte van Agur se ontoereikende bewussyn, is dié God (Eloah is die naam vir God wat hy hier gebruik, soos in Job 3:4) daar vir almal wat by Hom skuil. Hy beskerm hulle, en elke belofte van God is (vir hulle) betroubaar. Voorwaar ‘n woord wat op jou spieël in die badkamer geskrywe moet word, sodat jy jouself hieraan kan herinner as jy in die oggend opstaan en dat dit die laaste ding kan wees wat jy sien voor jy gaan slaap.

Vers 6. Dit is waarom jy niks moet probeer byvoeg by wat Hy gesê het nie. Nie net is dit onnodig nie, maar gevaarlik. Hy sal van jou rekenskap vra. Hy sal jou as leuenaar ontbloot.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS