Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 35

Spreuke 7:1-5

Bybelteks(te)

1Maak wat ek vir jou sê jou eie, my seun,

hou by wat ek jou voorskryf,

2maak wat ek jou voorskryf jou eie, dat jy kan lewe,

maak wat ek jou leer jou eie,

so eie soos die appel van jou oog.

3Sorg dat jy dit altyd onthou,

maak dit 'n deel van jou lewe.

4Sê vir die wysheid: “Jy is my suster,”

maak die insig familie van jou.

5Dit sal jou weghou van die slegte vrou af,

die vrou met die verleidelike praatjies.

SPREUKE 7:1-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

Let op hoe in die “tiende lewensles” van die pa aan sy seun hy die seun leer dat dit sy eie verantwoordelikheid is om die woorde en gebooie – die dinge wat die pa hom leer – toe te laat om sy hele lewe te vul. Sy pa se onderrig moet sy oogappel wees, ’n strikkie aan sy vinger, so bekend soos ’n suster, want dan sal hy die versoekings van die verleidelike vrou kan weerstaan.

Dit beteken dat weerstand teen versoeking kom wanneer wysheid jou metgesel is, wanneer insig jou gedagtes volmaak, wanneer opvoeding deel van jou lewe geraak het.

Die opvoeding van jou ouers en ander rolmodelle moet dus van ‘n eksterne voorskrif in ‘n interne oortuiging verander wat nie net vir jou ‘n morele kompas verskaf nie, maar die integriteit van jou gedrag bepaal. Die geveg teen immoraliteit word nie in die hitte van die stryd gewen nie, maar in die toegewyde voorbereiding vooraf.

Onthou, die verleidelike vrou beeld nie net werklike seksuele versoekings uit nie, maar ook die misleiding van menslike wysheid (vgl 1 Kor 1:12-13).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS