Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 34

Spreuke 6:27-35

Bybelteks(te)

27Kan jy kole vuur in die vou van jou klere inhark

sonder dat jou klere aan die brand raak?

28Kan jy op brandende kole loop

sonder dat jy jou voete verbrand?

29Net so min kan jy by 'n ander man se vrou slaap

sonder om gestraf te word,

jy sal nie vry kom as jy met haar lol nie.

30'n Dief word verag as hy steel,

ook al steel hy om sy honger te stil,

31en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig teruggee,

selfs al kos dit hom alles wat hy besit.

32Maar 'n man wat owerspel pleeg,

moet van sy verstand af wees,

iemand wat dit doen, verwoes sy lewe.

33Hy sal slae op die lyf loop en verneder word,

sy skande sal nooit uitgewis word nie.

34Die woede van die vrou se man is 'n gloeiende vuur,

sy wraak ken nie perke nie;

35hy laat hom nie afkoop nie,

geen betaling is vir hom genoeg nie.

SPREUKE 6:27-35AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die pa fokus dan op die gevolge van losbandigheid (seks buite die huwelik) en owerspel (seks met ‘n getroude vrou) op die oortreder self. Die pa gesels baie oop en eerlik met sy seun oor wat die pa as ’n potensieel baie plofbare probleem vir sy seun beskou. Owerspel en losbandigheid is nie speletjies nie! Dit kan jou jou lewe kos.

Let op hoe owerspel (seks met ’n ander man se vrou, dws ‘n getroude vrou) deur die pa as ’n baie ernstiger probleem as losbandigheid (seks buite die huwelik) geskilder word, hoewel dit ook steeds afgewys word. Die pa spel vier moontlike gevolge van owerspel uit: straf, armoede, verwerping en die dood.

  • Spreuke 6:27-29 – Jy kan gestraf word as jy met ‘n ander man se vrou lol. Met treffende beelde word die problematiek van owerspel geskets. Jy sal jou voete verbrand as jy met haar lol. Dit sal wees asof jy op kole probeer loop. Dit kan lei tot ‘n straf deur die gemeenskap waarvan jy nie vry sal kom nie.
  • Spreuke 6:30-31 – Owerspel kan jou alles kos wat jy besit. Dit kan jou alles kos wat jy besit, omdat jy as ‘n dief gereken sal word.
  • Spreuke 6:32-33 – Die skande kan jou lewe in die gemeenskap verwoes. Die skande in die gemeenskap kan jou lewe verwoes. Jy sal verwerp word deur almal wat die regte pad wil loop.

Spreuke 6:34-35 – Owerspel kan jou jou lewe kos. Die woede van die vrou se man kan jou jou lewe kos.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS