Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 347

Spreuke 29:24-25

Bybelteks(te)

24Iemand wat gesteelde goed ontvang, gee nie om vir sy lewe nie;

hy weet die vloek sal hom tref, maar hy wil nie praat nie.

25As jy vir mense bang is, kan jy in 'n strik beland,

maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig.

SPREUKE 29:24-25AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 24. Die deler is so goed soos die steler. Die probleem met die ontvangs van gesteelde goedere, is dat jy dan nie vir die reg kan opstaan nie. As jy onder eed geplaas word (dit is hoe “vloek” hier vertaal moet word) om in die hof daaroor te getuig, sal jy eerder stil bly. Jou mond word dus effektief gesnoer.

Vers 25. Vertroue in die Here bring ware veiligheid, want jou vrees vir ander mense kan vir jou ‘n strik raak. ‘n Mens kan uit vrees vir ander mense maatreëls tref om jouself teen hulle of teen gevaar te probeer beskerm, maar die maatreëls as sodanig kan jou nie red nie. Dit is wanneer jy op die Here vertrou, dat jy ware veiligheid ervaar. Dit beteken natuurlik dat jy ook wys moet leef en verstandig moet optree. Dit is al oor en oor deur Spreuke gesê. Maar jou vertroue moet in die eerste plek in die Here wees.

Hiermee kom ons aan die einde van die laaste Salomo spreuke in die boek Spreuke.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS