Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 345

Spreuke 29:21-22

Bybelteks(te)

21As jy 'n slaaf van kleins af bederf,

is hy rebels as hy groot is.

22'n Opvlieënde mens veroorsaak rusie;

iemand wat kort van draad is, doen sonde op sonde.

SPREUKE 29:21-22AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 21. Rebellie begin by bederf. ‘n Slaaf wat van jongs af bederf word, word op die ou end ondankbaar en opstandig. Dit is natuurlik nie net van slawe waar nie, maar ook van kinders.

Vers 22. ‘n Opvlieënde mens soek rusie met almal. Hy word letterlik ‘n “man van woede” genoem. ‘n Heethoof begaan dus sonde op sonde. Sy negatiewe invloed is soos die sentrum van ‘n orkaan. Alles en almal word daardeur geraak.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS