Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 344

Spreuke 29:19-20

Bybelteks(te)

19Met woorde alleen laat 'n slaaf hom nie waarsku nie;

hy verstaan wat jy sê, maar hy reageer nie.

20Jy sien self: vir die man wat praat sonder om eers te dink,

is daar minder hoop as vir 'n dwaas.

SPREUKE 29:19-20AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 19. Dissipline met woorde alleen werk nie met slawe nie. Dit gaan hier oor ‘n slawe mentaliteit. Dissipline met woorde alleen bring nie reaksie by ondergeskiktes nie. ‘n Slaaf sal wel lyk of hy luister, maar nie verantwoordelikheid neem as daar nie gevolge vir ongehoorsaamheid is nie, al verstaan hy baie goed wat gesê word. Dit is ‘n baie ongemaklike waarheid, maar ‘n waarheid nietemin. In Christus moedig Paulus slawe aan om hierdie slawe mentaliteit af te lê en hulle eienaars met eerbied te hanteer, sodat hulle só eerbied aan Christus kan bring (1 Tim 6:1-2).

Vers 20. Iemand wat oorhaastig is met sy woorde, is erger as ‘n dwaas (vgl Spr 26:12). Dink voor jy praat!

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS