Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 343

Spreuke 29:18

Bybelteks(te)

18Waar die wil van die Here nie bekend gemaak word nie, verwilder 'n volk;

dit gaan goed met elkeen wat die wet van die Here onderhou.

SPREUKE 29:18AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 18. Wanneer daar geen profetiese visioen is nie, raak ‘n volk bandeloos. Wanneer hulle egter die wet – God se openbaring – nakom, is hulle gelukkig.

Die gehoorsaamheid aan God se wil bring dus voorspoed. Dit inspireer ‘n volk om gehoorsaam aan God te lewe in alles. Die praktiese situasie in die tyd van Eli is ‘n goeie voorbeeld van wat met hierdie spreuk bedoel word (1 Sam 3). Eli het die volk nie geleer om aan God gehoorsaam te lewe nie en bandeloosheid het oral toegeneem. Met Samuel is die situasie egter omgedraai. Hy het die volk weer in gehoorsaamheid aan God laat lewe.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS