Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 342

Spreuke 29:15-17

Bybelteks(te)

15'n Pak slae en 'n teregwysing bring wysheid;

'n kind wat sonder dissipline grootword, steek sy moeder in die skande.

16As goddelose mense regeer, regeer die sonde ook,

maar die mense wat die wil van die Here doen,

sal sien hoe die goddeloses ondergaan.

17Gee jou seun 'n goeie opvoeding

en jy sal gerus wees oor hom;

hy sal jou baie vreugde verskaf.

SPREUKE 29:15-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 15. Dissipline is ‘n opvoeding in wysheid. Sorg vir dissipline en jy word nie maklik in die skande gesteek nie.

Vers 16. Goddelose regerings laat sonde gedy. Die belofte dat sulke regerings uiteindelik ondergaan, is bedoel om regverdiges moed te laat hou, sodat hulle nie ook aan die versoeking van die sonde toegee nie.

Vers 17. Dissipline bring rus in jou eie hart. ‘n Goeie opvoeding is nie net ‘n vreugde in terme van die toekoms van jou kind nie, maar ook ‘n gerusstelling en vreugde vir jou eie hart.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS