Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 341

Spreuke 29:12-14

Bybelteks(te)

12'n Regeerder wat hom aan leuens steur,

het naderhand net goddeloses in sy diens.

13'n Arm mens en sy verdrukker het een ding gemeenskaplik:

die Here hou hulle altwee in die lewe.

14As 'n koning reg aan arm mense laat geskied,

sal hy lank regeer.

SPREUKE 29:12-14AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 12. ‘n Heerser wat luister na leuentaal het later net goddelose mense in diens. Sy gebrek aan respek vir die waarheid gee af op sy dienaars. Hulle word soos die een wat hulle dien.

Vers 13. Die Here gee die lig (van die lewe) aan beide armes as verdrukkers. Hulle is dus almal van dieselfde Here afhanklik. Dit is ‘n waarheid wat regdeur die Bybel beklemtoon word. In die NT gebruik Jesus hierdie beginsel om vyandsliefde te motiveer (Matt 5:43-48).

Vers 14. ‘n Koning wat reg aan armes laat geskied, bestendig daarmee sy eie regering.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS