Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 340
![](https://cms.ibep-prod.com/app/uploads/sites/14/2021/09/RP_spreuke.jpg)
![](https://cms.ibep-prod.com/app/uploads/sites/14/2021/09/RP_spreuke.jpg)
Spreuke 29:9-11
Bybelteks(te)
SPREUKE 29
Vers 9. Dit is uitmergelend om ‘n saak teen ‘n dwaas te maak. Die konflik verhoog die irrasionele emosionele gedrag van die dwaas. Onthou die dilemma van Spreuke 26:4-5.
Vers 10. Moordenaars haat mense van integriteit. Regverdiges beskerm egter hulle lewe. Hulle kan eenvoudig nie onbetrokke bly wanneer iemand onskuldig aangekla word nie.
Vers 11. ‘n Dwaas gee vrye teuels aan al sy gevoelens. Maar, ‘n wyse kry dit reg om sy gevoelens tot bedaring te bring.