Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 339

Spreuke 29:5-8

Bybelteks(te)

5'n Man wat 'n ander vlei,

is besig om hom in 'n strik te laat loop.

6'n Mens se sonde is sy grootste gevaar.

Iemand wat reg doen, kan vrolik sing.

7'n Regverdige mens is besorg oor die reg van arm mense,

'n goddelose mens het nie begrip vir dié besorgdheid nie.

8Ligsinnige mense bring 'n stad in oproer;

wyse mense kalmeer die gemoedere.

SPREUKE 29:5-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 5. Vleitaal verstrik die gevleide. Wees dus baie versigtig vir ‘n vleier. Die slegste bedoelings word met die gladste en mooiste woorde verbloem. Die vers kan ook geïnterpreteer word dat vleitaal uiteindelik ook die vleier verstrik.

Vers 6. Sonde bring skuld. ‘n Bose mens kan die gevolge van sy eie oortreding nie keer nie. Die regverdige kan egter werklik vrolik leef, omdat hy ‘n skoon gewete het.

Vers 7. Regverdiges is besorg oor arm mense se lot voor die reg. ‘n Goddelose verstaan dit nie en kom nie vir armes se reg op nie.

Vers 8. Ligsinnige mense blaas oproer aan in ‘n stad. Dit is omdat hulle respeklose siniese spotters is. Wyse mense bring woede tot bedaring.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS