Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 33

Spreuke 6:20-26

Bybelteks(te)

20My seun, hou vas aan wat jou vader jou voorskryf;

wat jou moeder jou leer,

moet jy nie in die wind slaan nie.

21Dit moet jou altyd bybly,

daarmee moet jy saamleef;

22dit sal vir jou leiding gee in wat jy doen,

dit sal jou beskerm as jy slaap

en jou lei sodra jy wakker word.

23Wat ek jou voorskryf, is 'n lamp,

my onderrig is 'n lig;

wie hom laat teregwys,

is op die pad na die lewe toe.

24My onderrig sal jou beskerm

teen die slegte vrou van 'n ander

wat jou met haar gladde tong wil verlei.

25Moenie dat haar skoonheid jou begeerte wek nie,

moenie dat sy jou vang met haar oë nie.

26Jy kan 'n prostituut kry vir 'n stuk brood,

maar owerspel kan jou lewe kos.

SPREUKE 6:20-26AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die pa bou in die “negende lewensles” aan sy seun voort op die opdrag in Deuteronomium 6:7 dat ouers hulle kinders die gebooie van God moet onderrig te alle tye, selfs as hulle gaan slaap en as hulle opstaan.

Let op hoe God se woorde hom dan sal begelei en besig hou; selfs in sy slaap oor hom die wag sal hou. Gehoorsaamheid aan God se gebooie sal dus keer dat hy val vir die slegte vrou – prostitusie – of vir ’n vreemde vrou, dws ‘n ander man se vrou – owerspel (vers 24). Dit sal sy lewe vrywaar van armoede en die dood.

Let op hoe die familie as konteks vir die voorskrif van die pa geskilder word. Die seun moet ook luister na sy moeder se raad. Die gevolge van sy gehoorsaamheid word eers in positiewe terme uitgespel. Sy ouers se voorskrifte is ‘n lig op die pad na die lewe toe.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS