Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 338

Spreuke 29:2-4

Bybelteks(te)

2'n Volk juig as regverdige mense die mag kry;

'n volk sug as 'n goddelose mens regeer.

3'n Man wat wysheid hoog aanslaan, maak sy vader gelukkig;

een wat hom met prostitute ophou, vermors sy besittings.

4'n Koning wat reg laat geskied, maak 'n land veilig;

een wat net belastings oplê, ruïneer 'n land.

SPREUKE 29:2-4AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 2. Regverdiges laat ‘n samelewing floreer; goddeloses laat ‘n samelewing faal.

Vers 3. Kinders se lewenswyse, goed of sleg, het ‘n direkte en persoonlike impak op hulle ouers. Ouers is bly as hulle kinders lief raak vir die wysheid. Kinders wat immoreel leef, vernietig hulle welvaart. Dié spreuk word natuurlik ‘n gelykenis in die NT, die gelykenis van die Verlore Seun (Luk 15). Vers 4. Regverdigheid skep ‘n veilige omgewing. Onregverdige belastings ruïneer ‘n land.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS