Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 337

Spreuke 29:1

Bybelteks(te)

1'n Man wat hom bly verset teen teregwysings,

kom skielik tot 'n val en staan nie weer op nie.

SPREUKE 29:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die kort en kragtige spreuke in hoofstuk 29 neem die tema van die verskil tussen die regverdige en die goddelose verder en spel dit uit in ‘n hele paar konkrete lewensituasies.

Die regverdiges word veral gekenmerk in hulle respek vir ander wat ten diepste met hulle respek en ontsag vir God te make het. Die goddeloses word deur hulle gebrek aan respek vir ander en vir God geteken.

Vers 1. Die skrif is aan die muur vir iemand wat nie uit sy foute wil leer nie. As jy jou bly verset teen teregwysings – “jou nek verhard” – sal jy onverwags verpletter word, sonder enige kans op herstel.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS