Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 336

Spreuke 28:27-28

Bybelteks(te)

27Wie vir 'n arm mens iets oor het, sal self niks kortkom nie,

maar wie anderpad kyk, sal baie verwensings hoor.

28As goddelose mense aan die bewind kom, kruip die mense weg,

as die goddeloses ondergaan, kry die regverdiges die mag.

SPREUKE 28:27-28AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 27. Deernis met armes baat uiteindelik ook jouself. Vrygewigheid voorkom gebrek (vgl Spr 11:24-26). Die keersy word op humoristiese wyse geskets. As jy anderpad kyk om die arme te vermy, sal jy vervloek word.

Vers 28. Wanneer goddeloses oorneem, soek mense skuiling. Wanneer goddeloses omkom, word die regverdiges meer (vgl Spr 11:10; 28:12). Dit skep ruimte vir die verspreiding van die evangelie (Matt 28:19-20; Kol 1:15-20).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS