Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 335

Spreuke 28:25-26

Bybelteks(te)

25'n Gierige mens veroorsaak rusie;

een wat op die Here vertrou, is voorspoedig.

26Wie op homself vertrou, is 'n dwaas;

wie hom deur wysheid laat lei, is veilig.

SPREUKE 28:25-26AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 25. Gierigheid bring jou in konflik met God en jou medemens. Gierigheid word hier geteken as “wyd van siel”. Dws om ‘n groot aptyt vir meer te hê. Só ‘n persoon veroorsaak egter konflik met ander se belange. Voorspoed word hier geteken as die gevolg van ‘n gefokusde vertroue op die Here. Hy gee wat jy nodig het sonder dat dit jou in konflik met ander bring.

Vers 26. Dit is dwaas om jou vertroue in jou eie hart (gedagtes) te plaas as jy in die moeilikheid kom. Dit is die een wat staatmaak op die wysheid wat God gee wat die gevaar ontglip. Vertrou dus nie op jou eie insig nie, maar op die wysheid wat God gee. Hy sal jou paaie gelykmaak (vgl Spr 3:5-6).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS