Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 32

Spreuke 6:16-19

Bybelteks(te)

16Die Here haat ses dinge,

nee, daar is sewe waarvan Hy 'n afsku het:

17oë wat straal van hoogmoed,

'n tong wat lieg,

hande wat met bloed bevlek is,

18gedagtes wat met komplotte besig is,

voete wat net een koers ken, dié van die kwaad,

19'n getuie wat lieg

en iemand wat rusie stook tussen broers.

SPREUKE 6:16-19AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die pa waarsku hom in die vyfde plek teen die gevaar dat hy kan vasval in eiegeregtigheid. Dit is een van die talle numeriese spreuke in die boek, waar ‘n lysie gemaak word van dinge wat gedoen moet word of in hierdie geval juis vermy moet word.

Let op hoe daar weereens op liggaamsdele gefokus word om die verkeerde gedrag te illustreer: oë, tong, hande, hart, en voete.

Let ook op hoe hierdie dinge verband hou met die wet van God, die Tien Gebooie, en hoe hier uiterlike en innerlike dinge genoem word, houdings sowel as gedrag: trotse hovaardige oë (5de gebod), ’n leuenagtige bedrieglike tong en hande wat onskuldige bloed vergiet (6de gebod), ’n hart wat onheilsplanne beraam (7de gebod), voete wat haastig na die kwaad toe loop (8ste gebod), een wat as valse getuie leuens uitryg (9de gebod) en tussen broers tweedrag saai (10de gebod).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS