Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 327

Spreuke 28:11

Bybelteks(te)

11'n Ryk man kan dink hy het die wysheid in pag,

maar 'n arm mens met insig sien deur hom.

SPREUKE 28:11AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 11. Wysheid is nie gebaseer op rykdom of armoede nie. ‘n Ryk mens kan val vir die dwaasheid om te dink hy het wysheid in pag, net omdat hy ryk is (Spr 26:12; 12:15). Wysheid is egter nie gebaseer op rykdom of armoede nie. Dit kom van die Here af (Spr 14:24). Soos inderdaad rykdom ook van Hom af kom, al maak Hy natuurlik nie alle wyses ryk nie (Spr 15:16). Iemand wat verstandig is, al is hy arm, sien regdeur die ryke se verwaandheid. ‘n Ryk man kan daarom lelik verras word as hy ‘n arm mens onderskat, net omdat hy arm is.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS