Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 325

Spreuke 28:6-7

Bybelteks(te)

6Liewer arm wees en eerbaar lewe

as oneerlik lewe en ryk wees.

7'n Verstandige seun hou hom aan die wet van die Here;

as die seun maats maak met mense wat vir niks eerbied het nie,

bring hy skande oor sy vader.

SPREUKE 28:6-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 6. Eerbare armoede is beter as korrupte rykdom. Die kontras lê tussen iemand wat nie afwyk van die pad van integriteit nie en iemand wat skynheilig en vals is en korrupte weë volg wat vir ander weggesteek word (vgl Spr 19:1). Die man van integriteit leef dus sonder vrees dat iemand hom kan uitvang. Die man van korrupsie moet die hele tyd versigtig wees dat mense sy gekonkel uitvind (vgl Spr 28:18).

Vers 7. Gehoorsaamheid aan die wet is verstandig. Gemeenskap met roekelose suiplappe en vrate wat sonder eerbied vir God leef, bring jou en jou mense in die skande (vgl Spr 23:21-22). Dit is ook die boodskap van Psalm 1. Die enigste manier om uit deurbringers se greep te ontsnap, is om soos die verlore seun weer die gemeenskap met jou Vader te herstel (Luk 15:11-32).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS