Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 323

Spreuke 28:2

Bybelteks(te)

2As daar opstand is in 'n land, is daar baie wat na mag gryp;

as daar iemand met wysheid en kennis is, bly hy lank aan die bewind.

SPREUKE 28:2AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 2. Opstand in ‘n land bring wydverspreide onrus. Wanneer daar onluste en opstand is in ‘n land, maak dit ‘n land eintlik onregeerbaar, omdat soveel mense ‘n kans sien om mag tot hulle eie voordeel te probeer gryp. Dit is eers wanneer iemand wat baie wysheid en kennis het aan bewind kom, dat dié situasie weer reggestel kan word, en daar ‘n tydperk van rus en vrede kan kom. My gebed vir ons land is dat die Here ons só iemand sal gee! En talle sulke mense vir die talle lande in die wêreld wat in anargie verval.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS