Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 320

Spreuke 27:21-22

Bybelteks(te)

21Die waarde van silwer word in 'n smeltkroes getoets,

dié van goud in 'n oond,

dié van 'n mens aan die lof wat hy ontvang.

22Al stamp jy 'n dwaas in 'n stampblok,

al stamp jy hom saam met sandkorrels in 'n vysel,

jy sal sy dwaasheid nie uit hom uit kry nie.

SPREUKE 27:21-22AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 21-22. Die basiese karakter van ‘n mens kom veral onder druk na vore. Hier kry ons twee spreuke oor die basiese karakter van mense. Uiteraard kan dit nie alles sê nie, maar probeer hulle net ‘n kernwaarheid formuleer.

Soos silwer en goud se waarde deur ‘n oond getoets kan word, só kan ‘n mens se waarde getoets word deur die lof wat hy ontvang. Sy karakter bly dieselfde, selfs as hy geprys word.

Daarteenoor kan jy alles probeer om iets beter van ‘n dwaas te maak. Hom selfs fynmaal soos met graan in ‘n stampblok, maar dit sal nie slaag nie. Dwaasheid kry ‘n mens nie sommer uit iemand nie. Peterson vertaal dit só goed: “The purity of silver and gold is tested by putting them in the fire; The purity of human hearts is tested by giving them a little fame. Pound on a fool all you like — you can’t pound out foolishness.” (The Message)

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS