Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 31

Spreuke 6:12-15

Bybelteks(te)

12Dit is 'n nikswerd mens, 'n mens vol onreg,

wat altyd reg is om te lieg,

13om te bedrieg deur met die oog te knik,

met die voet te beduie,

met die vingers tekens te gee,

14wat altyd met 'n skelmstreek kom

en voortdurend op kwaad uit is.

Hy maak moeilikheid waar hy gaan.

15So 'n mens se ondergang kom skielik;

hy stort ineen, en daar is nie herstel nie.

SPREUKE 6:12-15AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die pa waarsku hom in die vierde plek teen onreg, om byvoorbeeld nie uit twee monde te praat nie. Om nie een ding te sê, maar dan ’n heel ander ding te bedoel nie. Sulke misleiers is deugniete en kwaaddoeners. Hulle bewerk onheil en onreg. Hulle saai twis en tweedrag. Hulle valse woorde kom duidelik uit valse harte.

Daar is egter meer. Deur sulke mense as deugniete – bĕliyyaʿal in Hebreeus – te beskrywe, verbind die Bybel hulle onreg nie net met ’n inherente boosheid (vgl Spr 16:27) of bose gedrag nie (Eli se twee seuns word in 1 Sam 2:12 so beskrywe), maar met die Bose self.

Dit sien ons ook in die NT waar die Satan as Belial (Griekse vertaling van bĕliyyaʿal) beskryf word. Deugniete word dus dienaars van die Duiwel. Dit is waarom gelowiges nie in geloofsgemeenskap met sulke ongelowiges mag verkeer nie (2 Kor 6:15). Daar is geen gemeenskap (fellowship) tussen Christus en Belial nie. Ons durf daarom nie self deelgenote van ’n gemeenskap van deugniete wees nie. Dit kompromitteer ons gemeenskap met Christus.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS