Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 316

Spreuke 27:14

Bybelteks(te)

14As iemand sy buurman vroegdag met 'n geskreeu môre-sê,

kan mense dink hy is besig om hom te vervloek.

SPREUKE 27:14AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 14. Dit gaan nie net oor wat jy sê nie. Die hoe, wanneer, en hoekom jy dit sê, maak ook saak! Neem dus ander mense in ag, as jy van blydskap wil skree. Selfs as jy oor iemand ‘n seën wil uitspreek. Jou buurman kan dit miskien nog met jou uithou as jy vroegdag al uitbundig is, maar die ander wat daarna moet luister, moontlik nie!

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS