Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 317

Spreuke 27:15-16

Bybelteks(te)

15Die gedrup uit 'n dak wat lek op 'n reëndag,

so is 'n vrou wat aanhou kyf.

16Wie haar probeer keer, kan net so wel die wind probeer keer

of olie met sy hand probeer vashou.

SPREUKE 27:15-16AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 15-16. ‘n Maat wat rusie maak oor alles is onuitstaanbaar sleg. Dit is soos die aanhoudende gedrup van ‘n lekkende dak in stortreën. ‘n Twisgierige eggenoot kan net so min beheer word as om die wind te probeer inperk, of olie met jou hand te probeer vashou. Peterson vertaal: “A nagging spouse is like the drip, drip, drip of a leaky faucet; You can’t turn it off, and you can’t get away from it.” (The Message)

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS